Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Tafelberg Moordenaar
Die Tafelberg Moordenaar
Die Tafelberg Moordenaar
Ebook227 pages4 hours

Die Tafelberg Moordenaar

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die Tafelberg Moordenaar vertel die verhaal van 'n reeksmoordenaar wat hom op straat vroue toespits opereer in die Kaap. Een na die ander meisie word vermoor en die liggaam op Tafelberg gelos vir die polisie om te vind.

Ten spyte van die polisie se beste optrede, bly die verdagte elke slag net een stap voor die polisie. Totdat Kaptein Renier Geldenhuis gevra word om die ondersoek oor te vat. As hulp, word Adjudant Isabella Fourie aan hom gegee.

Van die begin af hou Isabella van Renier, want hy is 'n baie aantreklike man en hy behandel haar beter as wat enige iemand anders saam met wie sy al ooit gewerk het. Wat sy nie weet nie is dat hy 'n verlede het wat hom jaag, want Isabella herinner hom aan 'n vroeë liefde wat nie goed geëindig het nie.

Gaan hulle dit regkry om hierdie saak op te los en 'n baie glibberige moordenaar aan die pen te laat ry? Gaan hulle mekaar vind en ontdek dat liefde oorwin?

LanguageEnglish
Release dateJun 25, 2018
ISBN9781643706917
Die Tafelberg Moordenaar
Author

Nico Visagie

I am an author who stays in Pretoria, South Africa. I love reading and I design airport addon scenery for Microsoft Flight Simulator, Lockheed Martin Prepar3D and Laminar Research X-Plane.

Related to Die Tafelberg Moordenaar

Related ebooks

Crime Thriller For You

View More

Related articles

Related categories

Reviews for Die Tafelberg Moordenaar

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Tafelberg Moordenaar - Nico Visagie

    VOORWOORD

    ‘n Reeksmoordenaar wat hom op straat vroue toespits opereer in die Kaap. Een na die ander meisie word vermoor en die liggaam op Tafelberg gelos vir die polisie om te vind.

    Ten spyte van die polisie se beste optrede, bly die verdagte elke slag net een stap voor die polisie. Totdat Kaptein Renier Geldenhuis gevra word om die ondersoek oor te vat. As hulp, word Adjudant Isabella Fourie aan hom gegee.

    Van die begin af hou Isabella van Renier, want hy is ‘n baie aantreklike man en hy behandel haar beter as wat enige iemand anders saam met wie sy al ooit gewerk het. Wat sy nie weet nie is dat hy ‘n verlede het wat hom jaag, want Isabella herinner hom aan ‘n vroeë liefde wat nie goed geëindig het nie.

    Gaan hulle dit regkry om hierdie saak op te los en ‘n baie glibberige moordenaar aan die pen te laat ry? Gaan hulle mekaar vind en ontdek dat liefde oorwin?

    INHOUD

    VRYWARING

    KOPIEREG

    VOORWOORD

    HOOFSTUK 1

    HOOFSTUK 2

    HOOFSTUK 3

    HOOFSTUK 4

    HOOFSTUK 5

    HOOFSTUK 6

    HOOFSTUK 7

    HOOFSTUK 8

    HOOFSTUK 9

    HOOFSTUK 10

    HOOFSTUK 11

    HOOFSTUK 12

    HOOFSTUK 1

    Liam kan voel, hoe sy bloeddruk tot in die rooi styg. Hy is so kwaad dat hy ‘n giftige slang kan soen!

    Wie de hel dink jy is jy? snou hy vir Ella toe.

    Ek het nie nou die tyd vir jou onsekerheid nie! Raak net weg voor ek jou so hard klap dat jy dink jy is omsingel! skreeu Ella terug.

    Ek het genoeg gehad! Ek is klaar met jou! Gaan vlieg in jou peetjie in! sê Liam. Hy draai om en stap haastig weg.

    Ella se hart ruk. Dis nie wat sy wou gehad het nie. Sy weet sy word gou kwaad en dan sê sy goed wat sy nie bedoel nie en hierdie is een van daardie gevalle. Nou het sy die kêrel wat sy die meeste van hou van haar weggedryf!

    Liam weet nie wat dit met Ella is nie. Hoe langer hy haar ken, hoe erger word die woede uitbarstings en elke slag is dit oor nietighede! Die ergste is dat hy van haar hou en dat hy vir hulle ‘n toekoms saam sien, maar hy kan nie hierdie verbale teistering meer hanteer nie...

    Isabella Fourie klap die boek toe. Dis ‘n uitstekende boek, maar as sy nie nou gaan slaap nie, gaan sy môre nie op haar beste wees nie.

    Sy kan haar met die Ella karakter vereenselwig, want haar humeur is net so vinnig! Haar vriendin Gerda De Wet was reg. Hierdie skrywer mag maar ‘n boek skryf!

    Isabella sit die boek op haar bedkassie neer, skakel die bedlampe af en draai daarna om, om te slaap.

    Sy dink aan haar oupa wat ‘n jaar gelede oorlede is. Hy was die dryfveer vir baie van die besluite wat sy gemaak het en met die gedagte raak sy aan die slaap.

    Isabella Fourie was ‘n liefdes baba; gebore uit een nag van passie... As mense vir haar vra wat haar pa vir ‘n lewe doen, dan het sy daarvan gehou om vir hulle te sê dat hy ‘n towenaar was. Hy het die woorde onverwagte swangerskap gehoor en toe verdwyn!

    Eintlik is dit presies wat gebeur het. Hy het geweier om die verantwoordelikheid van ‘n kind te aanvaar en haar ma eenvoudig eenkant toe gegooi en verdwyn. Tot vandag toe weet Isabella nie wat van hom geword het en of hy nog lewe nie.

    Sy het in die Paarl grootgeword saam met haar ma wat nooit weer getrou het nie. Sy het altyd gesê dat as jy jou lewensmaat ontmoet het, dan is daar geen punt om weer te trou nie. Dis net jammer haar pa het dit nooit so gesien nie.

    Haar oupa het haar ma verantwoordelik gehou omdat sy swanger geraak het. Aanvanklik het hy haar onteien en het hy geweier om met hulle kontak te hê, vir etlike jare. Isabella het dus sonder pa en sonder haar oupa groot geword.

    Isabella se humeur en haar rooi hare het hand aan hand gegaan! Sy was ‘n regte rebel. Sy het altyd goed anders gedoen as die res van die mense. As almal links gedraai het, dan het sy met opset regs draai om te kyk wat gaan gebeur. Moet ook nooit vir haar sê sy kan nie iets doen nie, want dan sal sy uit haar pad uit gaan om jou verkeerd te bewys!

    Die enigste toets wat sy nooit goed in was nie, was die een van selfbeheersing. Die humeur het saam met haar rooi hare en staal blou oë gekom! Dit was soos hulle in Engels sê: a packaged deal!

    Op skool was sy gereeld in die moeilikheid omdat sy nooit vir enige iemand teruggestaan het nie; selfs nie eers vir die groter of die ouer kinders nie.

    Sy het gereeld met blou kolle en skrape by die huis opgedaag. Haar ma het later opgehou om te vra watter seun nou weer die stof gebyt het, want dit was gewoonlik die oorsaak. Isabella het eenvoudig vir niemand teruggestaan nie.

    Die breekpunt het gekom toe sy ‘n tiener geword het. ‘n Seun wat drie jaar ouer as sy was het met haar moeilikheid begin soek en Isabella se humeur het handuit geruk. As sy hom maar net geklap het soos met die ander, dan was dit nie so erg nie, maar sy het hom ‘n met die vuis bygekom... Hy het met twee blou oë, ‘n bloed neus en ‘n paar los tande daarvan afgekom.

    Buiten die herrie wat die skool daaroor opgeskop het, het haar oupa ingestap om haar reg te ruk. Haar oupa het die rol van ‘n pa in haar lewe aangeneem. Hy was ‘n afgetrede majoor in die weermag en hy het haar met militêre dissipline die regte pad gewys omdat dit al was wat hy geken het.

    Haar oupa se werk was uitgeknip vir hom om daardie humeur te beteuel! Hy het haar opgelei in selfverdediging. Nie omdat sy selfverdediging nodig gehad het nie, maar omdat dit jou dissipline en verantwoordelikheid leer. Oor en oor moes sy die twee rympies leer: Selfverdediging is vir verdediging alleen! Nooit vir aanval nie! Met groot mag kom groot verantwoordelikheid.

    In die begin kon sy nie verstaan waarom haar oupa so op hierdie goed aandring nie, maar eendag het sy gesien waarom. ‘n Ongepoetste vabond het die parkeerplek wat haar oupa so geduldig gestaan en wag het voor hom afgeneem. Haar oupa het uitgeklim om sy situasie aan die man te verduidelik, maar hy wou niks weet nie. Die man het haar oupa voor die bors gegryp en wou hom met die vuis bykom. Oupa kon hom baie maklik bevry uit die man se greep en die man in die proses ‘n paar goeie maniere met sy vuiste geleer het, maar hy het nie. Sy het begin verstaan wat haar oupa bedoel het. Die feit dat jy die mag het om iemand baie seer te maak of selfs te dood, beteken nie dat jy dit mag gebruik vir persoonlike gewin nie.

    Haar oupa het niks teruggehou nie en hy het haar alles geleer. Sy het geleer hoe om iemand op ‘n hele reeks van maniere onskadelik te stel en ook hoe om uit ‘n hele reeks van grepe te kom.

    Stelselmatig het haar oupa dit reggekry om haar te leer hoe om haar humeur te beteul. Maklik was dit beslis nie, want so elke nou en dan, het die rooi haar monster sy verskyning gemaak en dan moes almal hardloop vir die heuwels!

    Haar oupa het meer as een dag net gesug. Gelukkig het sy darem nou gedink voor sy gedoen het en dit was klaar ‘n verbetering!

    Haar naam, Isabella, was haar ouma se tweede naam: Hendrina Isabella, en sy dra dit met trots. Nodeloos om te sê; was sy haar ouma se oogappel en het sy met baie oortredinge by haar ouma weggekom.

    Haar oupa was die een wat haar in die rigting van ‘n polisie vrou gestuur het. Sy was as te ware daarvoor gekweek! Sy het direk na skool by die polisie aangesluit. Sy was 19 jaar oud toe sy opgeroep was na die polisie kollege.

    Die polisie opleiding was taai, maar danksy haar oupa se militêre dissipline het sy makliker aangepas as die ander studente. Die opleidings beamptes het alles uitgehaal om die studente se moed te breek. Isabella het menigte dae gewonder of sy die regte ding gedoen het om by die polisie aan te sluit, maar sy moet erken dat die mans dit baie moeiliker gehad het as die vrouens.

    Sy het eendag een van die mans studente baie jammer gekry. Sy vriende het hom op die staal raamwerk van sy bed vasgeboei en hom toe voor die kantien gelos. Behalwe vir sy onderbroek het die arme man het niks aangehad nie! Sy het hom met ‘n handdoek bedek en hom toe met haar boeie se sleutels bevry. Sy weet tot vandag toe nie wat sy naam was nie, maar sy het later haar handdoek met ‘n dankie sê briefie teruggekry.

    Na haar polisie opleiding het sy gekies om in Bellville te kom werk, want sy wou nie in die Paarl haar tyd mors nie. Sy het gereken dat sy in die stad ‘n groter kans het om vir haar ‘n naam te maak en ook om bevorder te word as in die Paarl.

    Met die hulp van haar oupa het haar ma ‘n twee slaapkamer huisie in Bellville gekoop. Dis was ‘n ou spoorweg huis wat nie te ver van die stasie af is nie en nou bly hulle vroue alleen daar.

    Die werk in die polisie was nie maklik nie, want omdat sy ‘n vrou was, wou hulle haar altyd in ‘n kantoor instop! Sy het eendag by die stasie bevelvoerder se kantoor ingestap en aangedring om met die Kolonel te gesels daaroor. Die kolonel wou eers nie toegee nie, maar toe speel Isabella haar troefkaart. Sy het geantwoord dat sy ‘n polisie-man is! Die feit dat sy ‘n vrou is het niks met die saak te doen nie. Tensy hy haar anders wil behandel net daaroor... Die Kolonel het geskrik, want die laaste ding wat hy op sy hande wou hê is ‘n klagte van seksisme op sy rekord. Hy het toegegee en so het sy op ‘n skof van haar keuse gaan werk.

    Dit het nie lank gevat voor haar rooi hare en haar humeur haar die bynaam van vlam onder die polisie manne gegee het nie. Die mans het met haar gepraat en grappies met haar gemaak, maar hulle was baie versigtig vir haar. ‘n Paar dapperes het haar probeer uitvra en sy het ingestem, maar die vuur van ‘n verhouding was net nooit daar nie.

    Sy het na ure gestudeer en stelselmatig die rangleer geklim. Sy het kort voor haar vier-en-twintigste verjaardag ‘n Adjudant geword. Sy het toe nog geen vaste verhouding met enige man gehad nie, maar haar beurt sou kom...

    Sy het een aand terwyl sy diens in die gemeenskap dienssentrum gedoen het, ‘n man ontmoet. Sy naam was André Kriel en hy was daar om ‘n motor ongeluk aan te meld. Hy was sowat tien jaar ouer as sy, maar hy was baie aantreklik! Isabella wou eers die klagte aan een van haar juniors gee om te doen, maar André het aangehou dat sy dit moet doen.

    Sy het hom na een van die afgeskorte toonbanke geneem en die nodige vorms begin invul. Hulle het begin gesels en so het die rapportering van die motor ongeluk wat normaalweg tien minute vat, ‘n twee uur operasie geword! Gelukkig was die gemeenskap dienssentrum stil daardie aand en het dit niemand geraak dat hulle so lank gevat het nie. 

    André het haar uitgevra. Eers wou sy nie, maar hy was baie oortuigend! Hy het tot aangebied om elke dag sy motor te stamp net sodat sy die vorms kan invul en hy haar dan so beter kan leer ken! Dis die eerste keer dat iemand so aangehou het om haar beter te leer ken en Isabella het dit verleidend gevind dat ‘n man so in haar belang sal stel. Sy het ingestem om hom vir ete te ontmoet by die restaurant van sy keuse en so het hulle verhouding begin.

    Hy het presies geweet hoe om met haar te werk. Baie gou het sy geweet hoe dit voel om werklik verlief te wees; dis die mees wonderlikste gevoel ooit! Hulle eerste soen het gou gekom en dit was hemels! Sy het al voorheen toegelaat dat mans haar soen, maar dit het nooit so gevoel nie!

    Isabella was op die wolke! Sy het gesukkel om te konsentreer by die werk. Sy het vir André gereeld saans gebel en dan het hulle maklik vir ‘n uur of meer gesels! Sy het niks teruggehou nie en hom niks geweier nie. Haar liggaam was syne om te verken, maar sy het hom nie toegelaat om haar te besit nie. Sy was nie van plan om dieselfde pad as haar ma te loop nie.

    Toegang tot haar baie privaat plekkie was dus verbode en sy het dit so aan hom verduidelik. Sy wou wag tot hulle getroud is of as dit nie anders kan nie; tot hulle verloof is en sy ‘n verloofring aan die vinger van haar linkerhand het. André het gesê dat hy reg is daarmee, maar Isabella kon in sy oë sien dat dit hom pla.

    Vir die volgende paar weke daarna het dinge sy loop gegaan. Sy het vir André gereeld na werk gesien en hulle het gereeld gesels. Dit het gelyk of André vrede gemaak het met haar keuse om te wil wag.

    ‘n Paar weke later het hy haar uitgenooi vir ‘n naweek saam met hom in die Kaap. Hulle sou die Saterdag aand in die Table Bay Hotel oorbly. Isabella het die plek geken en geweet dat die aand hom ‘n hele paar rand moes gekos het! Sy het geweet dat hy iets in die mou voer!

    Daardie dag het hy homself uitspattig gedra en haar op die hande gedra soos wat hy nog nooit gedoen het nie. Hulle het met die kabel karretjie opgegaan tot bo op die berg; hulle het deur die tuine geloop en ook met St Georges Mall af. Haar voete was omtrent seer aan die einde van die dag!

    Daardie aand in die hotel het sy gaan bad en daarna haar winter nagklere aangetrek. Dit was koud buite, maar lekker snoesig in die kamer. André het vroeër gaan stort en hy het in die bed vir haar gewag. Sy het langs hom ingeklim. Hy het haar dadelik begin soen. Isabella het sy soene beantwoord en haar arms om sy nek geslaan. Hy was tog immers haar man!

    Hy het die knope van haar slaapklere se bostuk losgemaak. Sy het nooit ‘n bra gedra as sy gaan slaap nie en baie gou het hy haar borste ontbloot. Hy het hulle begin streel... Isabella het nie omgegee nie. Sy kon voel hoe sy nat word vir hom, maar dit het haar ook nie gepla nie, want sy kon voel hoe hy haar begeer!

    Hulle tonge het begin stoei met mekaar. Isabella kon voel hoe die passie in haar groei. Hy het een van Isabella se tepels tussen sy vingers geneem en dit hard geknyp!

    Isabella het skielik een van die mees intense orgasmes gekry wat sy nog ooit gehad het. Sy het die beddegoed vasgegryp en gekreun van plesier terwyl sy die vloedgolf van sensasies gery het. Tussen deur het André haar borste gestreel terwyl hy haar tepels gesoen het. Isabella kon voel hoe haar broekie sopnat word. So iets het nog nooit met haar gebeur nie en sy was geheel en al gereed om hom te ontvang.

    Skaars het sy tot bedaring gekom of sy kon voel hoe André se hand met haar maag afgly. Sy het dadelik geweet wat sy planne is en waarheen hy op pad is. Sy het sy hand vasgegryp en gesê: André, nee!

    Hy het haar vraend aangekyk, maar nogtans weer probeer. Sy het sy hand by sy vingers vasgevat en dit omgebuig soos haar oupa haar geleer het. Sy het geweet dit sal hom seermaak... André het gegil van die pyn en sy hand terug gepluk.

    Is jy mal? het hy gevra.

    André, as ek gesê het nee, dan beteken dit nee, het Isabella geantwoord.

    Ja, maar jy hoef nie my gewrig te wil afbreek nie! het hy geprotesteer.

    André, jy weet hoe ek hieroor voel: eers as ons getroud is; dan kan jy my besit; nie voor die tyd nie, het Isabella geantwoord.

    André het haar net vies aangekyk terwyl hy sy seer gewig gevryf het.

    Kyk, ek gaan nou toilet toe, het Isabella gesê terwyl sy opgestaan het. Dit sal jou tyd gee om te dink, het sy bygevoeg.

    Sy het haar nagklere se top saamgevat en na haar tas toegeloop. Sy het ‘n skoon broekie uitgehaal en daarna toilet toe gestap.

    Net voor sy by die deur ingestap het, het Isabella omgedraai, hom in die oë gekyk en gesê: Ek is baie lief vir jou, maar daar is sekere dinge wat sal moet wag tot na ons ten minste verloof is.

    Sy het omgedraai, by die toilet ingestap en die deur agter haar toegesluit. Toe sy later uit die toilet kom, was die kamer se ligte afgeskakel. André het in die bed gelê en gemaak of hy slaap.

    Sy het geweet dat vandag en hierdie aand versigtig beplan was om haar onkant te betrap. Sy het ook geweet dat hulle verhouding hierna nie weer dieselfde sou wees nie...

    Die volgende

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1